Mat 15:24 Maar Hy antwoord en sê: Ek is net gestuur na die verlore skape van die huis van Israel.

Rom 9:4 Hulle is Israeliete aan wie die aanneming tot kinders behoort en die heerlikheid en die verbonde en die wetgewing en die erediens en die beloftes;

Thursday 2 August 2012

SAULUS VAN TARSIS / PAULUS VAN DAMASKUS ...DIE MEES VERVOLGDE APOSTEL IN DIE GANSE SKRIF


Die beskuldiging dat Paulus ‘n Jood was en die wet tot niet verklaar het ...

Heb 5 : 12
"Want hoewel julle vanweë die tyd leraars behoort te wees, het julle weer nodig dat ons julle die eerste beginsels van die woorde van Elohiym moet leer, en julle het weer behoefte aan melk en nie aan vaste spyse nie." "Herinner aan hierdie dinge en betuig voor die Almagtige dat hulle geen woordestryd moet voer wat tot geen nut is nie, maar net tot ondergang
van die hoorders. Lê jou daarop toe om jou beproef voor Elohiym te stel as ‘n werker wat hom nie hoef te skaam nie, wat die woord van die waarheid reg sny. Maar die onheilige, onsinnige praatjies moet jy vermy; want hulle sal al verder voortgaan in goddeloosheid, en hulle woord sal voortwoeker soos ‘n kanker ..." 2 Tim. 2 :14 – 17.
‘n Beskuldiging soos dat enige ware Israeliet ‘n Jood is, grens aan Godslastering omrede Yahshua baie duidelik in die Skrif na hierdie geslag as adders verwys, slangsaad en ook uit die sinagoge van die Satan vlg.
Matt 23 : 29 – 35; Joh. 8:43-44; Open. 3:9 en ander plekke! Ons moet baie duidelik onderskei tussen die terme Jood en Judeër of Judahiet. Jode is die direkte saadlyn-nageslag van satan self, soos die Meester ook na hulle verwys en soos hierbo aangedui. Hulle stam ook direk uit Esau uit. Daarteenoor staan diegene wat voortkom uit die stam van Juda, suiwer Israeliete, genoem Judeërs of Judahiete. Kom ons kyk na wat Paulus, die beskuldigde in hierdie verband, van homself getuig het: Hand. 22 : 3 "Ek is ‘n Jood, gebore in Tarsus in Cicilië, maar opgevoed in hierdie stad aan die voete van Gamaliël, streng ooreenkomstig die voorvaderlike Wet, ‘n yweraar vir Elohiym soos julle almal vandag is." Sien u die drastiese en doelgerigte Godslasterlike foutiewe vertaling wat ingebring is deur die eienaam "Jood" hier in te vertaal DEUR OPPERSTE EN BLATANTE ONKUNDE en moontlike misbruik van die Skrif deur die vyand, die vader van hierdie geslag ter sprake? U sal die benaming "Jood" in géén korrek vertaalde Skrif vind in die konteks van Sy uitverkore volk nie! (Lees gerus die beskikbare boekie "Jood of Israeliet: Wie is wie?" - J.A.J de Beer) In Hand 2 : 5 verklaar Paulus die wyd verspreidheid van die Judeërs in daardie tyd, suiwer Israeliete uit elke suiwer nasie in die destydse Romeinse Ryk. Ten einde hierdie etniteit korrek te verstaan, moet u noodwendig die Skrif in sy volle volkskonteks gaan bestudeer en aandagtig lees. "En daar het in Jerusalem Judeërs gewoon, godsdienstige manne, uit elke nasie wat onder die hemel is." Volgens Paulus was daar dus in sy leeftyd op aarde Judeërs uit elke nasie wat onder die hemel is, dit wil sê vanuit die nasies regdeur die destydse Romeinse Ryk.
In Hand 23:6 vind ons die volgende kontroversiële punt wat tesame met bg. beskuldiging verdere vergiftiging onder opregte en ware gelowiges ontketen in ons tyd: "En omdat Paulus geweet het dat die een deel uit Saduseërs en die ander uit Fariseërs bestaan, het hy in die Raad uitgeroep: Broeders, ek is ‘n Fariseër, die seun van ‘n Fariseër. Oor die hoop en die opstanding van die dode staan ek voor die gereg." In Rom 11:1 verklaar Paulus dat hy uit die stam van Benjamin is ... "Want ek is ook ‘n Israeliet uit die nageslag van Abraham, van die stam van Benjamin." een van die twaalf uitverkore stamme van Israel. Dit is mos baie duidelik onder Skrifkundiges dat die stam van Benjamin deel was van die huis van Juda en so deel van die huis van die groter Israel, sodat Paulus dus met reg van homself kon sê dat hy ‘n Judeër was. Fil. 3:5 bevestig dit as volg: "Ek is besny op die agste dag, uit die geslag van Israel, uit die stam van Benjamin, ‘n Hebreër uit die Hebreërs; wat die wet betref, ‘n Fariseër." Paulus was deur sy eie belydenis ‘n Fariseër terwyl Yahshua baie duidelik aan die Fariseërs en Sadduseërs gesê dat hulle die addergeslag is vlg. Matt
23 : 29 – 35. Volgens Joh 8 : 44 het die Meester hulle aangespreek as dat hulle die duiwel as vader het ... Is dit dan enigsins moontlik dat iemand soos Paulus as Fariseër kon dien en terselfdertyd ‘n suiwer Israeliet kon wees, terwyl ons Meester hierdie mense met soveel minagting hanteer en aangespreek en ook glad nie hoegenaamd aanvaar of gereken het as deel van Sy eie volk nie? Geen wonder dat die onkundige gelowiges in ons midde die Skrifte so geweldig verdraai wat hierdie spesifieke twispunte betref nie. Die apostel Johannes verklaar egter die volgende kragtige waarheid in 1 Joh. 2:20,27 van diegene wat deur die Gees van die Almagtige gelei word en in die suiwere waarheid van Sy Woord wandel: "En julle het die salwing van die Heilige en weet alles." "En die salwing wat julle van Hom ontvang het, bly in julle, en julle het nie nodig dat iemand julle leer nie; maar soos dieselfde salwing julle aangaande alles leer, so is dit ook waar en geen leuen nie; en soos dié julle geleer het, so moet julle in Hom bly."

Dit los egter nog nie die probleem op nie, aangesien daar menige gelowiges in ons midde is, manne en vroue wat mislei, verlei en behoorlik verslind word deur dwaalleer hieroor a.g.v. die dwaalleer van sg. Skrifkundiges wat betref Paulus se valse apostelskap en lering ... Die enigste wyse waarop enige ware gelowige in ons dag hierdie blatante valse beskuldigings teen die apostel Paulus kan elimineer, is deur die ware wortels van Fariseïsme te gaan opdelf en vir jouself te ontdek. Dit is egter ‘n geweldige en eiesoortige studie opsigself waarvan ek hierin slegs sekere basiese feite deurgee. Fariseërs was die naam van ‘n baie bekende en oorkoepelende godsdienstige en politieke party in Skriftye wat hulleself ook voorgedoen het asof hulle die Wet onderhou. In werklikheid het hulle dit totaal en al verwerp ten gunste van hul eie tradisie. Hulle lewens en algemene optredes en dade was verdermeer ook duidelik gekenmerk daaraan dat dit bestaan het uit geweldige vorme van absolute magsbeheptheid en magssugtigheid. Om daardie rede het Johannes die Doper sowel as die Meester uitlatings soos die volgende gemaak wanneer Hy hulle bose harte openbaar gemaak het.
Joh. 3:7;12 "Maar toe hy baie van die Fariseërs en Sadduseërs na sy doop sien kom, sê hy vir hulle: Addergeslag, wie het julle aangewys om te vlug vir die toorn wat aan kom is?" "Sy skop is in sy hand, en Hy sal sy dorsvloer deur en deur skoonmaak en sy koring in die skuur saambring, maar die kaf sal Hy met onuitbluslike vuur verbrand." Yahshua het onder andere die volgende oor die Fariseërs te sê gehad teenoor Sy dissipels in Matt. 16:6;12-13 en ek wil vandag presies dieselfde sê teenoor elkeen wat hier lees: "Daarop sê Yahshua vir hulle: Pas op en wees op julle hoede vir die suurdeeg van die Fariseërs en Sadduseërs.
" Vers 12-13: "Hoe is dit dat julle nie begryp dat Ek nie in verband met brood vir julle gesê het om op te pas vir die suurdeeg van die Fariseërs en Sadduseërs nie? Toe het hulle begryp dat Hy nie gesê het dat hulle moes oppas vir die suurdeeg van die brood nie, maar vir die leer van die Fariseërs en Sadduseërs
." Dit was hierdie selfde sg. "geleerdes" wat valshede soos die maankalender, weekstelsel en Saterdagsabbat op baie subtiele wyse ingevoer het onder gelowiges tydens die Babiloniese ballingskap. In die studie oor die Ware Skriftuurlike Sabbat wat moontlik binnekort gepubliseer sal word sal u baie meer hiervan vind, o.a. dat die Saterdagsabbat juis hiéruit gebore is en nóóit ooit nog die Sabbat van die Skrif was nie!

Dit is ook hierdie tradisie wat vandag nog bekend staan as Judaïsme, een van die sluuste en bedrieglikste van alle godsdiensvorme in die ganse geskiedenis van die Skrif!

Omdat geïnfiltreerde Idumese (Joodse) lede van die priesterskap ‘n lange assosiasie gehad het met die Edomieties-Kanaänitiese priesterskap van Babilon, het hulle hierdie heidense dwaalleer in hul tradisies begin insluit en hier ingebring onder onskuldige en totaal onkundige goedgelowige Israeliete tot vandag toe! Hierdie verbale tradisie was bekend as die mischnah. Toe dit later op skrif vasgestel is, het dit bekend geword as die Babiloniese Talmud. Die oorsprong daarvan is uit Babilon en nie vanuit Juda nie. Die Mischnah is saamgestel gedurende die jaar 220 n.M. deur ene Rabbi Yehudah haNasi. Die uitsluitlike doelstelling daarmee volgens die Talmoed was vir die bewaring van sekere mondelinge tradisies uit tye van die Fariseërbewind (536 v.M. tot en met 70 n.M.) Die vrees het begin ontstaan dat hierdie wette waaraan hulle so knaend vasgehou het, moontlik verlore sou gaan. Die Mischnah is verdermeer ook die benaming vir die een geskrewe outoriteit sekondêr aan die Tanak as basis om ‘n oordeel te fel sowel as ‘n geskrewe bron vir die samestelling van sekere wetgewing. Dit was ook die eerste van baie geskrifte waardeur die ware Skrif soortvan gekomplimenteer is. Mischnah kan dus oor die algemeen verwys na die volle tradisie van die Orale Torah of uitgespreekte of belyde Torah deur die mond. Die tradisies hierin vervat kon vanuit die Mischnah nie neergepen word in woorde op skrif nie, maar moes uit die kop geleer word en mondelings herhaal word. Hierdie streng bepaling was baie ernstig en selfs hardhandig toepaslik gemaak dwarsdeur die era van die Mischnah sowel as die Talmoed. Die woord Mischnah is afgelei van die werkwoord shanah, wat inderwaarheid instruksie-gewing of die onderwysing en lering van die tradisie beteken. Wat ‘n verskriklike wettiese en tradisie-vaste toestand is dit nie! Tereg spreek die Meester sy siening daaroor uit in
Mark. 7:7-9 "Maar tevergeefs vereer hulle My deur leringe te leer wat gebooie van mense is. Want terwyl julle die gebod van Elohiym nalaat, hou julle aan die oorlewering van mense vas: die wassery van kanne en bekers, en ander dergelike dinge van dieselfde aard doen julle baie.
En Hy sê vir hulle: Julle verstaan dit goed om die gebod van YHWH opsy te sit en so julle oorlewering te onderhou. Is dit deels die rede waarom Yahshua die volgende ernstige vermaning uitgespreek het (die mondelinge uitspreek van o.a. die tradisionele mishnah deur woorde uit die hart?) Matt. 7:15 "Daar is niks wat van buite af in die mens ingaan wat hom onrein kan maak nie; maar die dinge wat van hom uitgaan, dít is die dinge wat die mens onrein maak
."

Dit was hierdie groepering onder die Judeërs en hulle hedendaagse afstammelinge en volgelinge wat werklik "Jode" genoem word. Ten tye van die onskriftuurlike vereniging met- en inlywing van Idumië in Judea, ongeveer 150 v.M was dit dan ook so dat daar van die wyse ou manne van Israel hulle ook in die geledere van die Fariseërs bevind het waar hulle nog uit hulle vervloë dae as die sg. geestelike leiers en regslui van die volk daar diens gedoen het. Die stelselmatige oorname en ommeswaai van hierdie strukture deur hierdie verkeerde en bose invloede wat die Idumeërs daar ingebring het, het waarskynlik plaasgevind met hierdie gelowiges nog in hul midde en het die klemverskuiwing waarskynlik baie subtiel en ongemerk plaasgevind, ten minste vir hierdie Israeliet leiers onder hulle. Ons sit vandag met presies dieselfde tendens, net op ‘n uiters meer geslepe en subtiele wyse deur die valse lering van die sogenaamde Skriftuurlike Sabbatlering, besnydenis in die vlees, maankalenders, en ander onskriftuurlike en Babiloniese tradisies waarvan die wortels uit die Jodedom / slangsaadbloedlyn ontspring reeds vanaf die tyd van die skepping in die tuin van Eden. Hierdeur worstel menige Israeliet gelowiges in ons dag in hulle totale onkunde van wat die ware feite is wat betref die Babilonstelsel van die addergeslag waaruit hierdie dinge ontspring het! Diegene is behoorlik vasgevang daarin soos ‘n prooi in die web van die gevaarlike spinnerak. Hoe meer hulle worstel met wat werklik die Skriftuurlike waarheid is en hoe om YHWH ten volle te behaag, hoe dieper raak hulle verstrengel tot op die plek waar groot dele van die Skrif doodeenvoudig uitgeban word sonder die berekening van die drastiese gevolge van hulle keuses, ‘n besluit wat ‘n geweldige invloed kan hê op hulle ewige saligheid!

Wat Paulus betref, kan ons aan die einde van die dag nie alle Fariseërs oor dieselfde kam skeer nie. As voorbeeld kan ons gaan kyk na gevalle soos dié van Nikodémus en Gamaliël (lg. ‘n man wat die wet onderhou het, maar tot insig begin kom het deur Paulus en Petrus se prediking as na sy optrede gekyk word volgens Hand 5 : 34. Nikodemus was ook ‘n streng Fariseër volgens Joh 3:1, maar het tot elkeen wat dit vandag sou lees se verstomming, homself in die nag na Yahshua gekeer met die vraag wat hy kan doen om nuut gebore te word en afstand te doen van hierdie eeue-oue tradisievaste lewe van hom. Gaan kyk na die Meester se antwoord op sy vraag en u sal nie een letter van die Torah of die wet daarin vind nie! Inteendeel, die Meester vergelyk die tradisionele en wettiese met die aardse en die redding van daardie nag met die hemelse ! Wonderbaarlik! Bg. twee manne was duidelik hoog in aansien en boonop ware weergebore en geredde gelowiges wat afstand gedoen het van die tradisie, die wet en die oorleweringe van die ou mense in ‘n doelgerigte keuse vir die Meester en Sy Nuwe Verbond van genade! (Sien Hand 5 : 34 & Joh 3 & Joh 7 : 50 – 52 & Joh 19 : 39 – 42). Paulus, die mees vervolgde apostel, ‘n Jood en ‘n Fariseër volgens sekere gelowiges van ons dag, sekere geestelike leiers en sg. Skrifkenners in ons midde, was inderdaad ook die man met die Damaskuspad-ervaring waar die Afgesonderde Gees ook hom, nes Nikodémus en ook Gamaliël, wonderbaarlik en kragdadig tot Yahshua Messias bekeer het.

Liewe leser, het u al ‘n Damaskuspad-ervaring gehad? U wat Paulus uit u Skrif skeur en verban, het u al in die nagtelike ure ‘n besoek afgelê aan die voete van die Meester, soos Nikodémus? Is u nuutgebore, want daarsónder sal u nóóit in der ewigheid die poorte van die hemel kan binnegaan nie! Dit mag dalk nou u geleentheid wees vir ‘n besoek aan die Meester. Môre mag dalk net te laat wees liewe volksgenoot!
Hierdie berig verskyn in Die Volksbasuin van Junie 2012. Indien u die maandelikse tydskrif wil ontvang, kontak gerus die redakteur by 082 819 7101 of judahe@vodamail.co.za
*56 Bladsye per Maand propvol leesstof van die beste gehalte!
*Geestelike Leesstof wat u nie maklik op ‘n ander plek weer sal kry nie!
*Kleinspan word ook Vermaak met ‘n Baie Oulike Maandelikse Bybelstorie van Oom Jannie!!!


Vir meer intense studies oor die Waarheid, stuur gerus n e-pos aan vaalwaarheid@gmail.com . Voeg ook vriende en familie se e-pos adresse by wat u wil oortuig van die waarheid of wat reeds te doen het met die waarheid. Voer ook gerus u e-pos adres in op hierdie blad aan die regterkant. Al bly u nie in die Vaaldriehoek nie is u steeds welkom!

No comments:

Post a Comment