Mat 15:24 Maar Hy antwoord en sê: Ek is net gestuur na die verlore skape van die huis van Israel.

Rom 9:4 Hulle is Israeliete aan wie die aanneming tot kinders behoort en die heerlikheid en die verbonde en die wetgewing en die erediens en die beloftes;

Thursday 17 May 2012

Bid asb vir klein Jennifer

Halloo…..
Ek is klein Jennifer Language, gebore 17 April 2012 in Unitas Hospitaal.
 Ek was net twee weke oud toe word ek opgeneem in Unitas hopitaal vir breinvlies onsteking. Die dokters het my so paar daggies daarna breindood verklaar. Maar vandag die 15de Mei het ek begin reageer as my mamma en pappa met my praat. En as mamma aan my voetjies vat dan ruk ek my bene op!!!

Maar ek is net ‘n onskuldige kindjie wat van een gebedjie afhang. Ek verdien om groot te word en die Woord van Jesus te kan leer en versprei.

So stuur asseblief die email aan sodat ons ‘n GROOT gebedsketting kan vorm en intree vir hierdie kosbare lewe van Jennifer. Die woord van God sê waar twee mense of meer saam stem sal dit gebeur. Kom ons bid vir die dogtertjie. God is groot. Niks is onmoontlik vir God nie. Hy is die sterk rots, die leeu van Juda, God se lam. Hy het ons siektes reeds oorwin aan die kruis en daarom het dit geen hou vas oor ons nie. Prys die Here. Juig ons harte.
Mense so voor jy gaan slaap vanaand gaan asseblief op jou knee en bid vir klein Jennifer. Ons moet bid vir haar lewe en lewe uitspreek oor haar.

Baie dankie

No comments:

Post a Comment